Tuis
Hartlik welkom by Privaatskool Excelsior se blog!
UIT DIE HOOF SE KANTOOR
Ons glo dat elke kind wat Excelsior verlaat, toegerus is met die nodige kennis en vaardighede om wêreldburgers te wees en ’n positiewe bydrae te kan maak in hulle omgewing. Hierdie ideaal word bewaarheid deur ons holistiese benadering tot kinderopvoeding.
Sedert 1991 bied ons die geleentheid vir elke kind om te groei en te ontwikkel. Deurdat ons ’n klein skool is, bied Excelsior ’n eiesoortige omgewing vir kinders om te floreer: Elke kind kry unieke aandag in terme van akademie, buitemuurse aktiwiteite en persoonlike welstand. Op hierdie manier is Excelsior ’n huis weg van die huis af.
Ons wens u ’n aangename besoek aan ons blog toe.
Excelsior-groete
Gloudien Minnaar
Skoolhoof